Find It in Kimberley - Entrepreneur van die jaar – Jandré du Plessis
Monday, 15 October 2018 10:26

Entrepreneur van die jaar – Jandré du Plessis Featured

Jandré du Plessis Jandré du Plessis Entrepreneur van die jaar

Jandré du Plessis (16) ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Diamantveld is die afgelope naweek aangewys as entrepreneur van die jaar.

Mentorvennoot, in samewerking met Impact Financial Training Academy, bied jaarliks ’n  kompetisie vir jong opkomende entrepreneurs aan. Enige hoërskoolleerder wat meer as R100 wins met sy besigheid gemaak het, kon inskryf. Daar is verskeie inskrywings van regoor die land ontvang.

Mentorvennoot het 'n netwerk van suksesvolle mense wat hulle kundigheid, kennis en ervaring as mentors vir veral jonger entrepreneurs aanbied.

Jandré du Plessis is gekies as een van sewe finaliste vir die Suid-Afrikaanse Mentorvennoot Entrepreneurskompetisie.

G5Militaria, wat in militêre artikels handeldryf, het in die drie jaar van sy bestaan 'n omset van R467 000 en ’n netto wins van R164 000 gegenereer. As een van die sewe finaliste is Jandré genooi na die finale prysuitdelingsgeleentheid op 13 Oktober 2018 wat by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Arcadia, Pretoria plaasgevind het.

Hier het Jandré die geleentheid gehad om skouers te skuur met sakelui en die direkteure van Mentorvennoot en is hy as die Suid-Afrikaanse Mentorvennoot Entrepreneur van die jaar aangewys.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” sê Jandré. “Ek was vreeslik dankbaar vir die geleentheid. Dit was ook vir my ’n groot voorreg om die besigheidsleiers en akademici te ontmoet. Ek het geweldig baie geleer. Ons deelnemers het as vriende daar weg gestap.”


Jandré wil alle tieners aanmoedig om projekte aan te pak en ook volgende jaar in te skryf. “Dit is ’n ongelooflike geleentheid,” sê hy.

Jandré het ook ingeskryf vir  The R100K Scooler Clash Stem asseblief vir Jandré, volg hierdie skakel; Stem vir plaaslike entrepreneur.

Read 740 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account