Find It in Kimberley - Ilse Smallberger se prawns in bier
Tuesday, 29 May 2018 15:54

Ilse Smallberger se prawns in bier Featured

Steurgarnale Steurgarnale Photo credit: taste.com.au

Ilse se gunstelingresep uit Tessa Kiros se resepteboek, The Recipe Collection.

Bestandele

1 kg groot, rou steurgarnale - prawns (skoongemaak)

100 g botter

½ teelepel soet paprika

'n knypie piri piri

1 teelepel growwe sout

4 knoffelhuisies, gekap

185 ml bier

'n halwe koppie room (opsioneel)

Metode

Hou die skulpe aan, maar sny die rugkant van die steurgarnale oop sodat dit die geure van die sous kan opneem.  Spoel af.

Verhit die helfte van die botter in ‘n pan.  Braai die steurgarnale met die rugkant na onder oor ‘n matige hitte tot goudbruin (braai in sarsies indien nodig). Moenie oorgaar maak nie.

Wanneer al die steurgarnale gebraai is, voeg die paprika, peri peri, sout en swart peper by die pan.  Braai vir ‘n minuut of twee en voeg die knoffel en die res van die botter by.  Braai vir ‘n paar minute en wanneer jy die knoffel kan ruik, verwyder die steurgarnale uit die pan. 

Verhoog die hitte en voeg die bier by, sodat dit borrel en effens verdik.  Plaas die steurgarnale terug in die pan.  Plaas ‘n deksel op die pan en skud die pan liggies sodat die steurgarnale deur die sous bedek word. 

Sit die stoof af en roer die room deur indien verkies.  Bedien met vars brood of aartappelskyfies.

 

Read 291 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account