Find It in Kimberley - Kaapse Kobra kry “lift” van Postmasburg na Kimberley
Saturday, 09 February 2019 09:12

Kaapse Kobra kry “lift” van Postmasburg na Kimberley Featured

Ryno Griesel met Kaapse Kobra Ryno Griesel met Kaapse Kobra

Ryno en Dawie Griesel is Vrydagmiddag gekontak om ’n slang te gaan verwyder uit ’n voertuig by Tiger Wheel & Tyre, in Longstraat, Kimberley.

Dawie vertel die eienaar van die voertuig is van Postmasburg en het die voertuig ingebring om die bande te vervang. Hy het geen kennis gedra van die slang wat al die pad van Postmasburg af saam gery het nie. “Een van die werkers by Tire Wheel & Tyre het die slang se stert gesien toe hy die wieldop afgehaal het,” sê Dawie. Dit is toe wat hulle vir Dawie bel. “Almal was nogal paniekerig.”

“Dit was in die tyd wat dit gereën het,  die vloer was nat en glad en dit was nogal ’n storie om die slang gevang te kry.”

Dawie sê hy skat dié Kobra is ongeveer 1.4m lank. Alle slange wat word veilig buite Kimberley vrygelaat.

Kyk hier na 'n video hoe Ryno Griesel die slang uit die voertuig haal:

 

Read 3560 times
More in this category: « Bakkie van pad af weens erge reën

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account