Find It in Kimberley - Massiewe optog in Longstraat
Friday, 08 February 2019 11:04

Massiewe optog in Longstraat Featured

Massiewe optog in Longstraat Verskaf

Studente van drie kolleges naamlik Phatsimang, Moremogolo en die kampus in die middestad, hulle ouers en lektore marsjeer vanoggend 8 Februarie 2019 na die hoofkantoor in Longstraat.

Byna 500 studente moet oor drie weke eksamen skryf, maar kla hulle kon sedert die kollege ’n maand gelede oopgemaak het nog glad nie klasse bywoon nie.

“Die studente vereis van die kolleges om lektore wie se kontrakte verval het, te hernu sodat onderrig kan voortgaan. Weens nuwe kondisies deur die raad en Brian Madalane, prinsipaal van die TVET-kollege ingestel, is die kontrakte nie hernu nie. Mense van Bloemfontein en onderwysers van pre-primêre skole is ingebring om onderrig te lewer oor onderwerpe wat hulle self nie verstaan nie,” verduidelik Tumelo Mosikare, sekretaris van Sol Plaatje-gemeenskapsforum.

Mosikare sê: “Daar is studente van so ver as Delportshoop wat op ’n daaglikse basis deurry net om te hoor klasse het nog nie begin nie. Die studente word opgestel om te misluk met skuld aan NSFAS verskuldig. Ons marsjeer saam met die studente vir hulle reg tot onderrig om hulle lewens te verbeter.”

Read 356 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account