Find It in Kimberley - Man gevind na beweerde ontvoering
Friday, 08 February 2019 11:01

Man gevind na beweerde ontvoering Featured

Wikus van den Heever Wikus van den Heever

Wikus van den Heever (36), wat Donderdagmiddag vermis geraak het, is ongedeerd gevind nadat hy na bewering deur drie mans ontvoer is.

Van den Heever vertel aan FiND iT hy was in die parkeerarea van Econo Foods, in Klisserville, toe twee mans en ’n vrou hom genader het. “Hulle het my karsleutels gegryp en my agter in my kar gedwing,” vertel Van den Heever.

Wou geld uit rekening trek

"Een van hulle het voor langs die bestuurder gesit, terwyl die ander een agter langs my gesit het," sê Van den Heever. "Hulle het met my rondgery."
Van den Heever skat dit was ongeveer 'n uur later toe die verdagtes met hom by Diamond Pavilion Mall se parkeerarea inry. "Ek dink dit was so 18:00 se kant. Dit was nog lig, maar die mall was stil. Een van die verdagtes het uitgeklim om geld uit my rekening te gaan trek, maar ek het die verkeerde pin vir hom gegee. Maar die rekening was in elk geval leeg."

Wou vlug

Dit is toe wat Van den Heever 'n kans kry om uit die kar te kom, "maar hulle was te vinnig vir my en het my teruggedruk in die kar in." Van den Heever sê hy het die sekuriteitswag se aandag probeer trek, maar dié het hom geïgnoreer. Van daar af is hulle met Van den Heever Greenpoint toe. Van den Heever sê dat hy heeltyd duidelike instruksies van die verdagtes gekry het. Hy moes in ’n stadium ook plat gelê het. Van den Heever sê alhoewel die verdagtes geen vuurwapens of messe by hulle gehad het nie, was hulle baie aggressief teenoor hom. “Hulle het iets gerook wat moontlik tik kon wees, die vrou het dit in my gesig ingeblaas.”

Los hom in Greenpiont

Intussen het hulle ook die kar se radio uitgepluk. In Greenpoint het die voertuig gaan staan. “Die kar se battery het gevrek, vermoedelik weens die radio wat hulle uitgeruk het,” sê Van den Heever. “Die drie verdagtes het toe in hulle taal vir mekaar iets gesê. Dit het geklink of hulle baklei en hulle het toe uit die kar gespring en my daar gelos.” Twee mense wat in die omgewing was, het Van den Heever gehelp om sy voertuig weer aan die gang te stoot. Hy het van daar af teruggery huis toe en was teen 20:00 terug by sy verloofde, Natalie Erasmus.

Geweldig in skok

Alhoewel Van den Heever geen ernstige beserings opgedoen het nie, is hy steeds in geweldige skok. Hy sal later vandag ’n saak van ontvoering en diefstal by die polisiekantoor gaan oopmaak.
Die verdagtes het gevlug met sy selfoon, R500 kontant, 'n tablet en “router”. Hulle het ook die knipmes waarmee Erasmus in die kar rondry, gevat.

Erasmus het gister op verskeie sosiale media-groepe vir hulp gevra nadat Van den Heever vermis geraak het. Lees vorige berig hier: Man word dringend gesoek

Read 2212 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account