Die funksionaris was die provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, lt.-genl. Risimati Shivuri. Ook teenwoordig was die waarnemende cluster bevelvoerder vir die Frances Baard-cluster, brig. Tip Brink, Kimberley-stasiebevelvoerder brig. Charlotte Makgari en die waarnemende Galeshewe-stasiebevelvoerder, kol. Alexia Robertson, en lede van die gemeenskap.
Die geleentheid is geopen met ’n gebed deur waarnemende kapelaan a.o. Paul Volgraaf. Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.-genl. Shivuri het almal wat medaljes en sertifikate ontvang het met hulle harde werk gelukgewens.
Hy het bygevoeg dat die geleentheid die lojaliteit teenoor die gemeenskap van Kimberley wys. Meer as 50 lede het diens-, wêreldbeker- en centenary medals ontvang.
Lede van die sigbarepolisieringseenheid, speurders, SAPD ondersteuningsafdeling, voorsieningskanaalbestuur, menslikehulpbronbestuur, skoonmaak- en kombuispersoneel het 35 waarderingsertifikate en 10 waarderingsbriewe ontvang vir uitstekende diens gelewer. “Almal wat toekennings ontvang het, is gemotiveer deur hierdie gebaar,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder. “Hulle lojaliteit sal dien as ’n motivering vir jong polisielede.”