Find It in Kimberley - Man word dringend gesoek
Thursday, 07 February 2019 18:26

Man word dringend gesoek Featured

Wikus van den Heever Wikus van den Heever Foto verskaf

Natalie Erasmus kan sedert vanmiddag 16:00 nie haar verloofde, Wikus van den Heever (36), in die hande kry nie.

Natalie het laas om 14:00 haar verloofde gesien toe hy vir haar gewag het by Kalahari Lodge waar sy werk. “Ek het gesien hy het gedrink en hom huis toe gestuur,” vertel Natalie wat toe saam met haar ouma van daar af dorp toe is. “Hy kom haal my gewoonlik by die werk, maar omdat hy gedrink het, het hy seker nie geregistreer toe ek hom laat weet het hy hoef my nie te kom haal nie. Toe ek 16:00 by die huis kom, was Wikus steeds nie daar nie en ek het hom probeer bel.” Natalie sê al wat sy gehoor het, was stemme en toe gaan die foon dood.

Sy is baie bekommerd oor haar verloofde en vra dat enigiemand wat hom gesien het haar asseblief sal kontak, by 082 718 2108. Hy is weg met haar beursie, tablet en werksak wat in haar voertuig was waarmee hy gery het.

Wees asseblief op die uitkyk vir Wikus en ’n wit Opel Astra met die nommerplaat BKP 442 N.C.

Read 1495 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account