Find It in Kimberley - Onderwyseres en leerder geskors na klapvoorval
Thursday, 07 February 2019 16:08

Onderwyseres en leerder geskors na klapvoorval Featured

Clarissa Venter (34), die onderwyseres wat die gr. 9-leerder geklap het, en die leerling, is albei geskors.

Venter en die leerder was Dinsdag in ’n woordewisseling by die Sans Souci Girls High School in Nuweland Kaapstad betrokke. Die rusie was as gevolg van die gebruik van 'n selfoon in die klaskamer waarna Venter die leerder deur haar gesig geklap het.

Die voorval is deur n leerder in die klas op 'n selfoonkamera opgeneem.

Venter, wat aan die begin van 2018 by die skool in 'n beheerliggaampos aangestel is, is 'n Afrikaans-onderwyseres by die skool.

Die video het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Op die video kan mens sien hoe Venter besig is om klas te gee en die gr. 9-leerder op haar foon besig is. Venter het die leerder uitgetrap. Die leerder het toe beweer die onderwyseres vloek haar, maar Venter ontken dit.

Venter het die leerder gevra om die klas te verlaat, maar sy het geweier. Venter en die leerder het toe in 'n woordewisseling betrokke geraak. Die oomlik toe Venter die leerder se selfoon vat, spring die leerder op, stamp die onderwyseres weg en druk verby haar om die selfoon van die lessenaar te gryp. Venter het toe die leerder deur die gesig geklap.

Die leerder se ma en Venter het beide 'n klag van aanranding by die Claremont-polisiekantoor ingedien.

Lees die vorige artikel hier.

Ondersoek na onderwyseres leerder deur gesig klap

Read 548 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account