Find It in Kimberley - Twee in hegtenis geneem vir huisbraak
Friday, 11 January 2019 14:21

Twee in hegtenis geneem vir huisbraak Featured

Die polisie in Kimberley ondersoek ’n saak van huisbraak en diefstal in Jamesonlaan, Rhodesdene, nadat twee verdagtes Donderdagaand in hegtenis geneem is.

Die eienaars van die huis was nie tuis tydens die voorval nie. Die persoon wat na die huis gekyk het, sê hy was Woensdagaand omstreeks 21:30 daar en alles was reg. Donderdag om ongeveer 16:45 het die sekuriteitsmaatskappy die persoon wat na die huis kyk in kennis gestel die alarm het afgegaan. Met die aankoms by die huis van die persoon wat na die huis kyk, die sekuriteitsmaatskappy en die polisie, het hulle twee manlike verdagtes in die huis betrap. “Hulle was besig om gesteelde goedere in ’n sak te pak,” sê kol. Mashay Gamieldien, hoof van provinsiale kommunikasie.

Die verdagtes het op die vlug geslaan, maar is later die aand vasgetrek.

Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley se landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Read 565 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account