Find It in Kimberley - Jong polisiekonstabel sterf aan diens
Friday, 11 January 2019 13:10

Jong polisiekonstabel sterf aan diens Featured

Konstabel Vuyani March (27) is Donderdagaand doodgeskiet terwyl hy aan diens was, terwyl nog ’n polisielid ernstig beseer is.

Die polisie is ontbied nadat hulle verneem het van ’n boer, Coenraad Badenhorst (36), wat beplan het om ’n mede-boer van die Koffiefontein-omgewing, Paul Nel (60), te gaan skiet.

Kont. March is met die aankoms op die toneel deur Badenhorst doodgeskiet. Sers. George Cavert (41) is in die gesig getref.

Die minister van die polisie, Bheki Cele, beskryf die dood van March as “sinneloos”. “Aanvalle op ’n lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens is ’n aanval op die staat,” sê Cele. “Veiligheid van ons mans en vroue in blou bly hoog op die SAPD se agenda. Die polisielede is ’n nasionale bate en hulle moet deur ons almal beskerm word, insluitende lede van die gemeenskap.”

Lees vorige berig hier; Twee boere en polisiebeampte van Jacobsdal dood in skietery.

Read 1015 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account