Find It in Kimberley - Twee boere en polisiebeampte van Koffiefontein-omgewing dood in skietery
Friday, 11 January 2019 12:05

Twee boere en polisiebeampte van Koffiefontein-omgewing dood in skietery Featured

Twee bekende boere van Koffiefontein, Coenraad Badenhorst (36) en Paul Nel (60), is Donderdag in 'n skietery dood. 'n Polisielid is ook noodlottig beseer en nog 'n polisielid is tans kritiek in die hospitaal in Kimberley.
Badenhorst het blykbaar al voorheen gedreig hy gaan Nel skiet. Dit was glo oor 'n jarelange fete wat Badenhorst teen Nel gehad het. Badenhorst het volgens ‘n bron van FiND iT Donderdagaand in 'n kuierplek op Jacobsdal vir vriende gesê hy gaan nou ry en Nel skiet.
 
Die polisie is ontbied en volgens bronne het die polisie vir Nel van Badenhorst se intensie laat weet. Terwyl die polisie met Nel op die telefoon was, het die polisielid 'n skoot hoor afgaan. Badenhorst het glo eers vir Nel doodgeskiet en toe vir die polisie in die bosse gaan wag. Daar het na bewering 'n skietery uitgebreek waartydens Badenhorst deur die polisie dood geskiet is.
 
Konst. Vuyani March (27), is ook tydens die voorval doodgeskiet. Sers. George Cavert (41) is in die gesig getref.
 
FiND iT hou julle op hoogte.
 
 
Read 6649 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account