Find It in Kimberley - Topskool se video lok hewige reaksie
Friday, 11 January 2019 08:40

Topskool se video lok hewige reaksie Featured

'n Video van Grey-kollege se eerste dag by die skool, wat lyk of daar 'n geveg uitbreek, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei.

Nadat die video op sosiale media versprei het, het Deon Sceepers, skoolhoof van Grey College, die volgende inskrywing op sy Facebook-blad geplaas:

Geagte vriende van Grey-kollege

Na afloop van ons eerste dag by Grey-kollege en 'n inspirerende saalbyeenkoms waartydens nie net die nuwe seuns nie, maar ook die nuwe personeel, verwelkom is, sien ons almal hier by die skool uit na 'n opwindende 2019. Ek moet egter ook melding maak van 'n skyngeveg gisteroggend in ons reüniesaal waarvan beeldmateriaal sonder konteks versprei is. Dit is gedoen in die gees van die tradisionele koshuis vs. stad-kompetisies wat in die eerste kwartaal plaasvind, en het plaasgevind voor 'n geesdriftige sangsessie deur die seuns en 'n skool wat regstaan vir nog 'n goeie jaar. Die insident, en desnieteenstaande die feit dat dit 'n dramatiese uitvoering was, is uitgedien en sal nie weer plaasvind nie, aangesien ons by Grey-kollege nie geweld, of die dramatisering daarvan voorstaan nie en ons skoolsaal vir ons 'n heiligdom is. Soos altyd is u  welkom om my vir verdere insae te kontak.

Mag 2019 vir alle vriende van Grey-kollege 'n goeie jaar wees – ons sien uit na julle ondersteuning en sal jul nie teleurstel nie!

Grey-groete
Deon Scheepers, skoolhoof

 
Read 1012 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account