Find It in Kimberley - Verkragtingsverdagte gesoek
Thursday, 10 January 2019 17:08

Verkragtingsverdagte gesoek Featured

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskermings en seksuele misdrywe op Hartswater versoek dringend hulp van die publiek om 'n verkragtingsverdagte te soek.

Die verdagte het na bewering 'n 41 jarige vrou tussen 17:00 op 31 Augustus 2017 en 06:00 op 1 September 2017 verkrag. Daar word beweer dat die  slagoffer n geleentheid vanaf Klerksdorp gesoek het en deur die verdagte opgelaai is.

 

Sy was die laaste passasier in die taxi toe hulle by Warrenton aangekom het.  Volgens kol. Mashay Gamieldien word daar vermoed dat die verdagte ’n sangoma is wat die slagoffer belowe het om haar met haar probleme te help.

“Hy het die slagoffer na die rivier in Warrenton geneem waar hy haar die eerste keer verkrag het en vir haar gesê het dis deel van die ritueel. Na die eerste voorval het die verdagte na Barkly-Wes gery en die slagoffer 'n tweede keer in 'n shanty op Rooirand, Barkly-Wes verkrag. Die slagoffer het ontsnap en die voorval by die polisie aangemeld, “ sê kol. Gamieldien.   

 

Die polisie doen 'n beroep op die publiek, indien hulle die verdagte gesien het, om tydens kantoorure die ondersoekbeampte, speurdersersantstilstand, te skakel by 084 550 2431 of 053-456 5202. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

 

Read 64 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account