Find It in Kimberley - Onderwyseres geskors oor rassesegregasie 
Thursday, 10 January 2019 16:04

Onderwyseres geskors oor rassesegregasie  Featured

news24.com news24.com

Die LUR het 'n onderwyseres vroeër geskors terwyl 'n ondersoek voortduur. 

Die onderwyseres het na bewering die foto geneem waar vier swart leerlinge in die hoek van die klas sit terwyl hulle blanke klasmaats gesig-tot-gesig by 'n lang tafel gesit het. In die foto is hulle volgens kleur geskei. Na aanleiding van die beweerde rasse-segregasie op sosiale media, wat by die Laerskool Schweizer-Reneke voorgekom het, het politici die skool besoek. 

Na 'n vergadering met die skoolhoof het dit geblyk dat die onderwyseres, mej. Elana Barkhuizen, met onmiddellike effek geskors is hangende 'n ondersoek. Die DA verwelkom die skorsing sowel as die ondersoek wat sal volg.  

Joe McGluwa, DA Noordwes se premierskandidaat, sê: “Suid-Afrika behoort aan almal wat hier woon. Ons sal net kan slaag as Suid-Afrikaners van alle vlakke van die lewe verenig word. Suid-Afrikaners moet waaksaam wees teen politieke populistiese retoriek.” 

Een Twitter-gebruiker het ander foto's opgesit van die klaskamer, waar verskeie rassegroepe met mekaar interaktief is, met die byskrif: “Let the ones screaming racism post these pics too.” 

 

Ouers is laat weet om hulle kinders by die skool te gaan haal, omdat daar protesaksies plaasgevind het. Mnr. Sello Lehari, Noordwes-onderwysleier, het gister gesê ontstoke inwoners moet sy departement toelaat om rassisme by Laerskool Schweizer-Reneke te ondersoek en nie veroordelend wees nie. 

Honderde mense het al sedert die insident kommentaar op Facebook gelewer. “Hier is die foto wat geneem is by die Laerskool Schweizer Reneke wat die ANC, EFF en DA vir jou wys, omdat hulle valslik 'n rassistiese voorval probeer skep het. Die kinders is rondgeskuif gedurende die dag om mekaar te ontmoet,” skryf een persoon.  

Nog 'n ongelukkige persoon het geskryf: “Nie seker of die meeste wit mense ooit sal verstaan hoekom rassisme ons so raak nie. Daarom probeer hulle altyd sulke voorvalle regverdig of verdedig. Hulle dink altyd ons is dramaties, maar dit is snaaks, want as hulle slagoffers is, moet die wêreld stilstaan. Dan maak hulle bohaai oor slegte diens by 'n restaurant of winkel. Dan noem hulle ons kleinlik as ons geraas maak oor diskriminasie.” 

Die inwoners wil ook hê die skoolhoof moet afgedank word en dring daarop aan dat die LUR verklaar dat hy Maandag 'n besluit oor die skoolhoof sal neem.

Read 751 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account