Find It in Kimberley - Dept. van onderwys verloor gestremde leerling se hoërskool-aansoekvorm
Thursday, 10 January 2019 16:19

Dept. van onderwys verloor gestremde leerling se hoërskool-aansoekvorm Featured

Dept. van onderwys verloor gestremde leerling se hoërskool-aansoekvorm Pixabay

Die Slabbert-gesin het ’n maand voor hulle gestremde seun (13) by Hoërskool Elizabeth Conradie sou begin, skokkende nuus vanaf die departement van onderwys ontvang.

“My seun is 13 jaar oud en is fisies gestrem. Daarom het ons besluit om hom by Elizabeth Conradie in te skryf. Ons het reeds in April 2018 met die aansoek begin omrede ons deur ondervinding geleer het dat dit ’n tydsame proses kan word. Op 6 Desember het ons ’n oproep vanaf die departement van onderwys ontvang. Hulle het ons in kennis gestel dat hulle al my seun se dokumentasie verloor het en dat ons van vooraf aansoek sal moet doen,” verduidelik Jackie Slabbert, ma van die seun.

Slabbert sê: “Ons heraansoek is eers gister op 9 Januarie 2019 deur die hoofkantoor van die department van onderwys ontvang. Hulle moet nog die papierwerk finaliseer voordat ons sal weet of hy by die skool aanvaar is of nie. Daar is aan ons verduidelik dat hierdie proses tot ’n jaar kan duur.”

“My seun het tans geen skool om by te woon nie. Toe ons vra wat ons nou te doen staan, is daar aan ons verduidelik om die IDM Foundation-kantore te besoek om uit te vind of daar moontlik ’n tydelike plasing by enige ander skool beskikbaar is. Ons is ook beveel om nie ’n uniform te koop vir die tydelike skool nie, sou ons aansoek by Elizabeth Conradie goedgekeur word.”

“Ons sit met ’n angstige seun wat gister met sy hoërskoolloopbaan moes begin, wat nog geen duidelikheid ontvang het waar of wanneer hy gaan skoolgaan nie. Ons het oorweeg om hom by Martie du Plessis-skool in Bloemfontein in te skryf, maar ons kan dit eenvoudig nie bekostig nie.”

FiND iT het teen die tyd van publikasie geen terugvoering vanaf die departement van onderwys in die Noord-Kaap ontvang nie.

Read 570 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account