Find It in Kimberley - Siggestremde Kimberliet gaan internasionaal rolbal speel
Monday, 07 January 2019 12:48

Siggestremde Kimberliet gaan internasionaal rolbal speel Featured

Lappies en Ellen Labuschagne Lappies en Ellen Labuschagne

Ellen Labuschagne het al verskeie kere Kimberley se naam hoog gehou by rolbaltoernooie vir siggestremdes.

Ellen is die afgelope ses jaar byna heeltemal blind weens bloeding in haar oog. Dit word vaskulêre degenerasie genoem en kan nie met ’n operasie reggemaak word nie. Nadat Ellen vir ses maande heeltemal blind was, is medikasie in die wit van haar oog ingespuit. Sy het tans net 15% sig.

Hierdie gestremdheid keer nie vir Ellen om een van die bestes in rolbal te wees nie. Sy was vir drie opeenvolgende jare die wenner van die nasionale rolbaltoernooi vir gesiggestremdes.

Nadat Ellen in Junie 2018 aan die toernooi op George deelgeneem het, het sy die volgende maand gehoor sy is een van agt Suid-Afrikaanse siggestremdes wat uit genooi is om in Mei 2019 internasionaal te gaan deelneem.

“Ek was vreeslik opgewonde toe ek die nuus hoor,” vertel Ellen. “Maar ek het ook tussendeur die opgewondenheid gewonder of ek goed genoeg is. Ek sal baie hard moet oefen; ek het nog nooit teen ander lande deelgeneem nie.”

Alhoewel Ellen haarself ’n paar dae afgegee het gedurende die bloedige warm feesdae, oefen sy vier keer ’n week vir drie ure lank.

Ellen se man, Lappies, is nie net haar grootste ondersteuner nie, maar ook haar rigtingaanwyser. Hy gaan dus saam met haar Israel toe.

Suid-Afrika is een van ses lande wat gaan deelneem aan hierdie tiendag toernooi en dit gaan die Labuschagne-egpaar R36 000 uit die sak jaag, R18 000 per persoon.

Indien jy ’n finansiële bydra wil maak, kan jy vir Lappies kontak by 083 350 5234. Of Beaconsfield Park-rolbalklub, waaraan Ellen behoort.

Lees vorige berigte hier:

Kimberliet op pad na nasionale rolbaltoernooi vir gestremdesKimberliet blink uit by rolbaltoernooi vir gestremdes.

Read 492 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account