Find It in Kimberley - Verslaggewer in middestad beroof
Thursday, 06 December 2018 15:14

Verslaggewer in middestad beroof Featured

Verdagte Verdagte

Een van FiND iT se verslaggewers, Charné van der Merwe (24), is Donderdagmiddag omstreeks 14:00 byna deur twee verdagtes oorrompel.

Van der Merwe sê sy het net uit Woolworths gestap op pad na haar motor waar dit in Chapelstraat parkeer gestaan het. "Ek het gevoel iemand vat my aan die arm, maar het aanvanklik gedink dis iemand wat ek ken," sê van der Merwe. "Maar toe besef ek dis twee mans wat my probeer beroof."

Van der Merwe het begin skop en slaan en die verdagtes het op die vlug geslaan. Hierdie brawe jong dame het die verdagtes agternagesit.

Sy het in die hardloop haar skoene verloor. Toe sy by Tyre Maniacs, ook een van FiND iT se kliënte, kom, het sy om hulp geskree. Albert Barnard, mede-eienaar van die besigheid, wat in daardie stadium buite die winkel gestaan het, het die verdagte agternagesit, hom vasgekeer en Van der Merwe se selfoon teruggekry. Die ander verdagte het met haar handsak, werksfoon en beursie op die vlug geslaan.

Barnard sê daar was binne sekondes hordes mense wat hom toegestaan het omdat hy 'n verdagte vasgekeer het. "Een van die omstanders het my met 'n skêr gekrap terwyl 'n ander een sy mes wou gebruik het," vertel Barnard.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Die ander verdagte is nog op soek.

Van der Merwe het 'n saak van diefstal oopgemaak.

Video van arrestasie:

 

Read 1481 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account