Find It in Kimberley - Jong rob beland met paling op neus
Thursday, 06 December 2018 14:39

Jong rob beland met paling op neus Featured

Hawaiïese monk-seemeeu in nood. Hawaiïese monk-seemeeu in nood. B. Dolan

’n Jong Hawaise monk-rob het ’n blou Maandag gehad nadat ’n paling in sy neus vasgesit het.

Navorsers by die NOAA Hawaiian Monk Seal Research Project sê: “Slegs vier soortgelyke rare voorvalle is oor die afgelope 40 jaar van navorsing gewaar. Alhoewel voorvalle waar palings in robsnoete vasgevang word, onlangs vir die eerste keer opgemerk is. Ons is in hierdie stadium nog onseker of dit ’n anomalie was en of dit vorentoe meer gereeld sal voorkom.”

“Hierdie spesie rob druk sy snoet in die sand, onder rotse en ander holtes op die koraalrif op soek na kos.  Die paling is moontlik deur die rob in ’n hoek vasgedruk en kon nie ontsnap nie. Ons poog om elke rob wat in nood gevind word te help. In al die noodgevalle waarna ons omgesien het, het die rob ten volle herstel. In dié voorval het die paling dit ongelukkig nie gemaak nie.” – Michael Hawthorne

Read 501 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account