Find It in Kimberley - Sol Plaatje-werkers maak Sentraalweg skoon
Thursday, 06 December 2018 11:35

Sol Plaatje-werkers maak Sentraalweg skoon Featured

Munisipale werkers dou voor dag in Sentraalweg besig met opknapping. Munisipale werkers dou voor dag in Sentraalweg besig met opknapping. Michael Hawthorne

Werkers van Sol Plaatje-munisipaliteit is douvoordag reeds besig om verskeie areas in Kimberley op te ruim.

“Ons was alreeds vanaf 06:00 vanoggend hier in Sentraalweg besig. Daar is 'n groot aantal werkers regoor die stad besig met opknapping van die stad. Ons sal eers 09:00 ’n kort breek vat. Moet asseblief nie ons gesigte in die foto kry nie. Ons is bang vir viktimisasie vanaf die ander wat nie die werk gekry het nie,” het een van die werkers aan FiND iT verduidelik.

Sol Plaatje-munisipaliteit het tot dusver verskeie gedeeltes van die stad skoongemaak onder die inisiatief van Patrick Mabilo, die nuwe uitvoerende burgemeester van Kimberley. Die inisiatief kom nadat Mabilo tydens sy eerste toespraak as burgemeester belowe het om die stad weer te laat skyn.

FiND iT het die werkers sterkte toegewens en hulle het met hulle taak voortgegaan. – Michael Hawthorne

Read 230 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account