Find It in Kimberley - Huurders los huis in toestand
Thursday, 06 December 2018 11:06

Huurders los huis in toestand Featured

Venster bank Venster bank Photo credit: Foto verskaf

Cornelia van Vuuren het vir die afgelope vyf jaar die tuinwoonstel agter haar huis in New Park aan ’n jong paartjie verhuur.

Op 30 November moes die paartjie uit die woonstel trek omdat Van Vuuren se kinders daar sou kom bly het. “Die verhuurders weet reeds byna twee jaar dat die dag gaan kom dat hulle moet uittrek sodat my kinders  kan intrek,” sê Van Vuuren. “Maar ek het hulle ’n maand kennis ook gegee.”

Volgens Van Vuuren wou die verhuurders nie die woonstel verlaat het tot die aand van die 30ste November nie. “Die vrou het toe soos ’n skim in die nag verdwyn met die woonstel se sleutels,” sê Van Vuuren.

Van Vuuren sê die woonstel was in ’n skrikwekkende toestand toe sy die volgende môre daar instap. “Ek het sommer begin huil. Dit het krioel van die kokkerotte. Die dak, toilet en wasbak het water gelek. Die vensterrame was geroes. Die kombuismure was vol spatsels, dit het gelyk of hulle kos gemaak het op die wasbak langsaan hulle tweeplaatstofie.”

Van Vuuren wil weet hoekom het hulle nie net vir haar gesê die goed lek nie. “As ek geweet het daarvan sou ek dit regmaak het.”

“Ek sal nooit in my lewe weer ’n plek uitverhuur nie,” sê Van Vuuren met baie sekerheid.

Van Vuuren raai ook mense aan wat eiendom uitverhuur om gereeld inspeksie te doen sonder om met die huurders se privaatheid in te meng. “Laat kom dalk die gesondheidsinspekteur een maal ’n jaar, maar waarsku jou huurders; dis hulle reg om te weet. En jy moet tog jou eiendom beskerm.”

Plafon wat lek:

Vuil kombuis met spatsels:

Kokkerotte:

Foto's is verskaf.

Read 1374 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account