Find It in Kimberley - Inwoners van Ritchie sukkel sonder water
Thursday, 06 December 2018 11:16

Inwoners van Ritchie sukkel sonder water Featured

Die krane op Ritchie loop elke twee ure droog, verduidelik die inwoners. Die krane op Ritchie loop elke twee ure droog, verduidelik die inwoners. Google

Die gemeenskappe van Ritchie en Modderrivier sukkel sedert verlede Vrydag met probleme met die watertoevoer na hulle wonings.

’n Inwoner van Ritchie het aan FiND iT gesê: “Ons is in verlede week gewaarsku om genoeg water op te berg vir die hele naweek. Sol Plaatje sou nuwe tenks koppel, maar môre is dit weer eens ’n week later en die gemeenskap sukkel nog met ’n afwisselende onderbreking van die watertoevoer. Die gemeenskap is warm onder die boordjie. Waar moet ons water kry? Mens en dier ly nou hieronder.”

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die nuwe infrastruktuur is geïnstalleer. Die meerderheid (95%) van die inwoners het water. Daar word tans nog probleme met die waterdrukking ervaar, maar die munisipaliteit is besig om die probleem uit te sorteer.” – Michael Hawthorne

Read 173 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account