Find It in Kimberley - Nooddienste simulasie
Thursday, 06 December 2018 11:14

Nooddienste simulasie Featured

Gesimuleerde ongelukstoneel. Gesimuleerde ongelukstoneel.

Op 5 Desember het die nooddienste van Kimberley, onder andere die Brandweer Dienste, ambulansdienste en die Soek- en reddingseenheid van Kimberley se SAP, 'n massa-beseringsimulasie in Silsonstraat gehou. 

Nooddienste soos die Brandweer Dienste, die SAPD se soek- en reddingseenheid, Transnet, Airport Company SA, die verkeersdepartement, al die hospitale asook ambulansdienste soos Emer-G-Med, Med 24/7, ER 24, die provinsiale ambulansdienste en Care for You met die simulasie geëvalueer. Die doel van dié oefening was om voorbereidheid van nooddienste se koördinasie en operasionele aktiwiteite binne die munisipale jurisdiksie van Sol Plaatje te evalueer, asook om die voorbereiding vir die feestyd te verseker. 

Die simulasie was 'n ongeluk tussen drie motors op die mees realistiese wyse moontlik. Daar was ook 'n gesimuleerde gevaarlike materiaal betrokke wat een pasiënt kontamineer het. Daar was altesaam 28 pasiënte betrokke en hulle was so realisties as moontlik gegrimeer. 

Die volgende faktore is geëvalueer: 

Oproepe neem en stuur 

Reaksie op voorval 

Opstel van beheerpunt en beheer van die insident

Voertuig- en toerustingstasies 

Mediese behandeling en vervoer van pasiënte 

Asook operasionele aktiwiteite soos  

Redding 

Nood mediese protokol 

Beligting vir nagoperasies 

Kommunikasies tussen verskillende dissiplines

Oorhandiging van pasiënte by hospitaal. "Die Nooddienste het kollektief die evaluasie as suksesvol beskou en is gerat vir die fees seisoen." Sê Riaan Janse Van Vuuren, woordvoerder van die Brandweer Dienste in Kimberley.

Die volgende foto's demonstreer die gesimuleerde ongelukstoneel. Pasiënte in die foto's is nie beseer nie, alle wonde is met grimering en rekwisiete gemaak.

 

Foto: SAPD se soek- en reddingseenheid red pasiënte uit 'n sloot.

 

Read 820 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account