Find It in Kimberley - Man doodgery deur trein
Thursday, 06 December 2018 10:13

Man doodgery deur trein Featured

Man doodgery deur trein Photo credit: FiND iT

’n Middeljarige man is vanoggend omstreeks 06:00 op die treinspoor wat deur Beaconsfield loop, agter Impala-hof in ’n kritieke toestand gevind.

Lede van die gemeenskap wat op die man afgekom het, het die nooddienste en die polisie in kennis gestel. Die onbekende man is deur Emergency Medical Service (EMS) na Robert Sobukwe-hospitaal (voorheen bekend as Kimberley-hospitaal) geneem.

Met aankoms by die hospitaal is die slagoffer dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Read 1584 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account