Find It in Kimberley - Vroue in kraam by Kimberley-hospitaal teen trappe opgedra
Monday, 19 November 2018 15:57

Vroue in kraam by Kimberley-hospitaal teen trappe opgedra Featured

Hysbakke in Robert Sobukwe-hospitaal Hysbakke in Robert Sobukwe-hospitaal

Vroue wat in kraam is, is die naweek na bewering vier verdiepings opgedra omdat die hysbak in die Kimberley-hospitaal gebreek is. 

Andrew Louw, premierskandidaat van die DA in die provinsie, sê die Robert Sobukwe-hospitaal (voormalige Kimberley-hospitaal) is besig om ineen te stort. 

"Die vrou wat in kraam teen die trappe opgedra word, se menseregte word aangetas. Sy is ontbloot. Haar lewe is in gevaar gestel. Dis onmenslik!"

Louw sê hy het die foto wat hy aan FiND iT gestuur het oor die naweek ontvang. "Behalwe vir die vrou en haar baba se lewe wat in gevaar gestel is, is die werksomstandighede van die werknemers van die hospitaal ook nie na wense nie. Hulle moet die vrou opdra in 'n draagbaar. Hulle kan hulleself beseer."

Louw sê die werknemers kan nie verantwoordelik gehou word vir die toestand van die hysbakke nie. "Dis die departement. Die krag was glo af. Maar waar is die krag-opwekkers? Hoekom is daar nie voorsorg getref nie. Dis 'n hospitaal."

FiND iT het die hospitaal vandag self gaan besoek. Die hysbakke het steeds nie gewerk nie, maar die krag was wel aan. Die hysbakke is al sedert Saterdag buite werking. 

Louis Boshoff, verslaggewer van FiND iT, sê die hospitaal ruik nie lekker nie. "Die indruk wat jy kry is dit is vuil. Jy voel ongemaklik. Ons het 'n foto geneem van die gebreekte hysbak. 'n Verpleegster het ons toe gewys waar die kraamsaal is. Dit is op die vierde vloer. Terwyl ons opgeloop het, het ons met van die werknemers gepraat. Die werknemers sê genadiglik het niemand nog op die trappe geboorte gegee nie. Die vroue in kraam word met 'n draagbaar opgedra tot by die kraamsaal."

Die kos vir die pasiënte moet ook op en af gedra word. "Terwyl ons daar was, het werknemers die kostrollie afgedra. Die trappe raak ook beknop omdat daar so baie mense op en af loop."

Louw het gesê dit is nie ál probleem by die departement van gesondheid nie. "Die lugversorgers by die ou Curomed-fasiliteit, wat die ortopediese en oftalmologiese dienste van die hospitaal huisves, werk nie. Die koperkabels is gesteel. Iemand het glo ook by die pompkamer ingebreek en elektronika gesteel. Dit is nou so warm in die ou Curomed-gebou dat die personeel nie daar kan werk nie. Die instandhouding van die infrastruktuur by die Kimberley-hospitaal, insluitend die hysbakke, is 'n kwessie van basiese sekuriteit. Nie nuwe uitdagings nie."

FiND iT het navrae aan die departement gerig, maar teen tyd van publikasie van die artikel is dit nog nie beantwoord nie.

*FiND iT het intussen op die Facebookblad van die Robert Sobukwe-hospitaal gekyk en daar is 'n inskrywing wat lees:

 

 

Gedurende FiND iT se besoek aan die Robert Sobukwe-hospitaal is foto’s geneem van die gange en trappe wat pasiënte gebruik:

Vuil pleister op die vloer:

Drankbottel op trappe:

Dooie goggas en kakkerlak op die trappe waar pasiënte op en af beweeg:

Sigaretstompies en mediese masker op die trappe:

Bloed op die trappe:

Read 1817 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account