Find It in Kimberley - Provinsiale wetgewer nie R9.301m verskuldig aan Sol Plaatje nie
Thursday, 08 November 2018 15:28

Provinsiale wetgewer nie R9.301m verskuldig aan Sol Plaatje nie Featured

Verkeerde inligting in 106-verslag geplaas. Verkeerde inligting in 106-verslag geplaas. Verskaf

Die provinsiale wetgewer in die Noord-Kaap sê die R9.301 miljoen aan Sol Plaatje verskuldig soos gerapporteer in die DFA op 31 Oktober is verkeerdelik aan die wetgewer in die verslag opgeskryf.

Lees ons vorige artikel oor die 106-verslag van ondersoek.

"Die bedrag rapporteer is vir die erf in geheel, waarvan die meerderheid ongebruikte grond is. Die beeld van die wetgewer is as gevolg van die verkeerdelike en negatiewe informasie wat geplaas is, geknou. Sol Plaatje-munisipaliteit het die fout bevestig. Die wetgewer is op goeie voet met die munisipaliteit en kom alle finansiële verpligtinge stiptelik na," het die wetgewer onlangs in ’n persverklaring gesê.

FiND iT het Sol Plaatje gekontak om vas te stel wie presies die R9.301 miljoen verskuldig is, maar die munisipaliteit kon weens kliënte-vertroulikheid nie ’n antwoord gee nie.

Read 171 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account