Find It in Kimberley - Die DA se Team One South Africa-veldtog skop môre af
Thursday, 08 November 2018 12:34

Die DA se Team One South Africa-veldtog skop môre af Featured

DA Logo DA Logo

Die DA loods môre die Team One South Africa-veldtog in die Noord-Kaap by die Pescodia-swembad op die hoek van Eagle en Albatros in Roodepan.

Mmusi Maimane, sowel as ander lede van ons nasionale leierskap, sal by die DA se premierskandidaat en lede van die provinsiale leierskap aansluit om aan die gemeenskap te verduidelik hoe die DA ten doel het om 'n beter Noord-Kaap en Suid-Afrika vir almal te skep.

Die vyf hoofprioriteite waarop gefokus word, is: (1) die skep van regverdige toegang tot goeie werksgeleenthede; (2) die bekamping van korrupsie wat hoogty vier onder die ANC; (3) die omskepping van ons polisiediens tot 'n eerlike, bekwame en professionele diens; (4) die beveiliging van ons grense om gemeenskappe se veiligheid te verbeter en (5) om die pas waarteen basiese dienste soos gesondheidsorg, elektrisiteitsvoorsiening, onderwys en toegang tot behuising te versnel.

Tydens die Luistertoer blyk dit al hoe duideliker dat mense moeg is vir leë beloftes, moeg is vir werkloosheid en die armoede wat dit meebring en desperaat is vir die tipe verandering wat net die DA kan bring.

Kyk hier na die video:

 

Read 46 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account