Find It in Kimberley - DA soek oplossing vir leerlingvervoer op Vosburg
Thursday, 08 November 2018 11:17

DA soek oplossing vir leerlingvervoer op Vosburg Featured

DA Logo DA Logo

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap doen 'n beroep op die LUR van Onderwys, Martha Bartlett, om te verseker dat probleme met leerlingvervoer op Vosburg dringend opgelos word.

Dit kom nadat die skoolbus na bewering sonder diesel gestrand was, wat daartoe gelei het dat leerlinge klasse misgeloop het of hulle eie vervoer moes kry om skool toe te gaan gedurende die eksamenperiode.

Gedurende die voorlegging van die onderwysdepartement se jaarverslag gister, het die portefeuljekomitee daarvan kennis geneem dat leerlingvervoer wel beter resultate behaal het as in vorige finansiële jare, maar dat daar nog baie kwessies en bekommernisse is wat aangespreek moet word sodat hierdie funksie glad kan verloop. 

Die veiligheid van leerders moet geprioritiseer word en daarom moet voertuie altyd padwaardig en funksioneel wees. Waar diensverskaffers nie voorskrifte of regulasies nakom nie, moet hierdie kwessies hanteer word. Ons kan nie bekostig dat sulke klein probleme die opvoeding van ons leerders ontspoor nie, veral nie tydens eksamens nie. Ons hoop dat die LUR vinnig sal toesien dat die vervoer op Vosburg so spoedig moontlik weer op die been kan kom. Slegs verandering onder 'n DA-beheerde regering sal verseker dat leerlinge en hulle behoeftes geprioritiseer word om klein probleme met ernstige gevolge te vermy. - Louis Boshoff

Read 75 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account