Find It in Kimberley - Hier is die onderhoofmeisie van Hoërskool Adamantia
Tuesday, 06 November 2018 09:57

Hier is die onderhoofmeisie van Hoërskool Adamantia Featured

Lara Horn Lara Horn

Lara Horn is onlangs verkies as die onderhoofmeisie van Hoërskool Adamantia vir 2019.

Lara het die afgelope jaar aan netbal deelgeneem. Sy beskryf haar as iemand wat ander help as hulle verkeerd is.

Hoe het jy gevoel toe jy as ’n hoofleier verkies is?

“Ek was geskok tot in my binneste, maar terselfdertyd ook baie trots.”

Hoe wil jy volgende jaar ’n verskil in die skool maak?

“Ek wil my medeskoliere leer dat geweld nooit die antwoord is nie. Ek wil hulle leer om goed van hulleself te dink en die beste in hulle na vore te bring. En ek wil die skool ’n beter plek maak vir almal.”

Wat is goeie leierseienskappe?

“Om na ander te luister en hulle opinies in ag te neem. Om mense nie te sê hoe om ’n ding te doen nie, maar eerder om hulle te wys hoe om dit te doen.”

Wat geniet jy die meeste van skool?

“Ek stap elke dag dag uit met nuwe kennis. En my vriende wat soos familie geword het.”

Hoe voel jy oor die eksamen wat voorlê?

“Ek is gespanne, maar vol vertroue dat dit sal goed gaan.”

Waarna sien jy die meeste uit van matriek?

“Ek sien alreeds baie uit na die matriekafskeid. En dan om te besef ek het 12 jaar van skool agter my rug.”

Read 239 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account