Find It in Kimberley - Anneke op pad om eerste behandeling te ontvang
Friday, 26 October 2018 09:26

Anneke op pad om eerste behandeling te ontvang

Roussouw gesin Roussouw gesin

Anneke Rossouw, wat onlangs gediagnoseer is met maligna melanoma, ’n aggressiewe velkanker, ontvang vanoggend haar eerste behandeling.

Anneke (41) het in 2017 ’n knoppie op haar arm ontdek. Na vele doktersbesoeke, skanderings en selfs ’n operasie is daar vasgestel hierdie vrou en ma van twee het kanker. Anneke moes baie dringend behandeling ontvang, maar haar mediese fonds dek nie haar kostes nie. “Die plan waarop Anneke is, is te laag en daarom betaal hulle nie die behandeling nie,” sê Yolande van der Linde, saakbestuurder by dr. Chan.

Dr. Chan is ’n onkoloog in Sandton wat die behandeling vir Anneke voorgestel het. Die behandeling kos egter derduisende rande. Kimberliet het hande gevat en fondsinsamelings gehou om Anneke se mediese onkoste te dek.

Anneke op pad na eerste behandeling

Anneke kry Vrydagoggend 9:30 haar eerste behandeling by dr. Smalberger, ook ’n onkoloog, in Kimberley. Toe FiND iT met Anneke gesels op pad na die spreekkamer was sy baie positief: “Alhoewel ek die afgelope drie dae vreeslik naar was, is ek baie opgewonde en positief oor die behandeling wat ek vanoggend gaan ontvang. Ek glo ek gaan ’n nuwe mens daar uitstap.”

Anneke moet egter verskeie behandelings ontvang, oor drie weke kry sy haar tweede behandeling.

FiND iT-lesers, moet dus asseblief nie ophou om fondse in te samel vir Anneke nie!

Lees vorige artikels hier; Ma van twee het slegs maand oor om te leef,  Hulp vir Anneke Rossouw

Read 721 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account