Find It in Kimberley - Hulp vir Anneke Rossouw
Thursday, 18 October 2018 09:37

Hulp vir Anneke Rossouw Featured

Anneke Rossouw en haar twee kinders Anneke Rossouw en haar twee kinders

Anneke Roussow (41) is vroeër die jaar met maligna melanoma gediagnoseer.

Hierdie ma van twee se mediese fonds dek nie haar mediese onkoste nie en sy is noodgedwonge na Kimberley-hospitaal (KH) vir ’n operasie, skanderings, ens. Nadat die dokters Anneke ingelig het dat daar niks is wat hulle vir haar kan doen nie, het haar man gaan aanklop by dr. Chan, ’n onkoloog in Sandton.

Anneke se longe, niere en skildklier is vinnige besig om agteruit te gaan en sy het baie dringend die mediese behandeling nodig wat dr. Chan voorgestel het. Hierdie behandeling gaan Anneke egter R96 000 per sessie uit die sak jaag. Sy moet vir minstens drie sessies gaan.

Nadat die gemeenskap van Kimberley hiervan te hore gekom het, het hulle besluit om hande te vat in ’n poging om haar te help.

Verskeie besighede dra tans by tot Anneke se mediese onkoste. Daar is ’n spesiale Facebook-blad begin vir Anneke, Anneke Rossouw Fund. Op hierdie blad kan jy presies sien hoe en waar jy ’n verskil in Anneke Roussow, ’n vrou en ma van twee, se lewe kan maak.

Indien jy ook 'n bydrae wil maak of 'n voorstel het vir 'n fondsinsameling, kontak asb. vir Linja Allen; 072 011 2335.

Read 1567 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account