Find It in Kimberley - Mercedes Benz-bussies na bewering gesteel
Thursday, 11 October 2018 16:09

Mercedes Benz-bussies na bewering gesteel Featured

Mercedes Benz-bussies na bewering gesteel Google

'n Sindikaat het na bewering op Mercedes Benz Suid-Afrika toegeslaan en is vort met ses Mercedes Benz Sprinter-bussies. 

John West, van Gariep Motors in Kimberley, sê hy is baie beïndruk met die diens van die polisie. Die polisie in Kimberley het twee van die bussies by Warrenton opgespoor. 

"Ons het ses bussies van Mercedes Benz, Suid-Afrika, ontvang. Dit is aan ons gestuur om die aflewering te doen, dit was dus nie ons eie voorraad nie. Die bussies moes aan 'n kliënt afgelewer word namens MBSA. Ons het die bussies deurgegaan en al die dokumentasie afgehandel."

West sê vier bestuurders het Woensdag opgedaag om vier bussies te kom haal. "Die reëling is al verlede week getref. Alles is geteken en die korrekte prosedures is gevolg. Vanoggend toe kom haal hulle die ander twee bussies. 'n Paar minute na die afhaal van die laaste twee bussies, bel Mercedes Benz SA en sê ons moet nie die bussies aflewer nie. "

West het die polisie dadelik gebel, wat 'n halfuur later twee van die bussies op Warrenton opgespoor het. Die verdagtes is in hegtenis geneem. Die ander vier bussies is nog soek.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die polisie kan in dié stadium geen inligting gee oor die beweerde gesteelde voertuie by 'n Mercedes-handelaar in Kimberley nie. "Die saak is in n baie sensitiewe stadium." 

 

Read 718 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account