Find It in Kimberley - Saam Staan gaan elke dag van FiND iT se nuusstories deel
Thursday, 11 October 2018 15:41

Saam Staan gaan elke dag van FiND iT se nuusstories deel Featured

Die doel hiervan is om jou as Kimberliet ingelig te hou met die mees onlangse nuus en ook om jou stem te hoor.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê dis 'n goeie platform om meer mense in Kimberley te bereik.

"Ons is baie opgewonde om ons nuus met julle te deel. Dis belangrik vir Kimberley-inwoners om op hoogte te bly met wat hier aangaan. Ons werk hard daaraan om ons nuus objektief, vinnig en effektief aan jou, die leser, te lewer. Wanneer jy in digitaal werk, dan is dinge anders. Die pas is vinnig. Die terugvoer dadelik."

Digitale nuus

Grobbelaar sê die FiND iT-span hoor graag van lesers, want dit is die bron van meeste inligting. "Die FiND iT-span bestaan uit vier voltydse verslaggewers, wat self foto's neem. Ons het 'n voltydse tegniese administrateur, 'n proefleser en ook 'n volledige verkoopspan. As die grootste aanlyn Afrikaanse nuusplatform, is ons dae meestal effens mal."

Wees ingelig

Vir FiND iT is dit belangrik dat mense in Kimberley ingelig word oor hoe digitaal werk en ook die effek wat dit op mense se lewens het. "Dis vir ons belangrik dat jy moet weet die polisie ondersoek 'n inbraak, hoe iemand gevoel het toe hulle lewe in gevaar was, waar daar sopas 'n ongeluk gebeur het, wat is die regte storie agter die stakings, wat gebeur in die howe. Ek wens ons kon by alles uitkom, maar dis amper onmoontlik. Ons nooi daarom die publiek uit om ook ons ore en oë te wees."

Ombudsman

Dit kom nie sonder tonne verantwoordelikheid nie. "Vir my was die moeilikste die eerste paar maande van FiND iT die terugvoer. Alhoewel ons meestal net positiewe terugvoer kry, moet jy ook kan sterk staan vir die negatiewe terugvoer. Ons is gereguleer en is geregistreer by die ombudsman. Dus voldoen ons aan al die reëls en regulasies van aanlyn media in Suid-Afrika. Mense verstaan dinge soms anders, lees net half of volg nie stories volledig nie. Êrens in hierdie bedryf raak iemand vir jou kwaad," lag Grobbelaar. "Elke dag is wel die moeite werd. Die energie in ons kantoor is aansteeklik en die span wat ek mee saamwerk, is so passievol oor wat hulle doen. Dis ook fantasties as jy weet jy het vandag in iemand se lewe 'n verskil gemaak. Hetsy dit is omdat jy kon luister na sy/haar storie, vir iemand 'n stem gee, gehelp dat daar gehoor gegee word aan 'n saak."

Linja Allen, een van die administrateurs van Saam Staan, sê die hele doel van die blad is sodat Kimberliete mekaar ondersteun. "Ons verwelkom nuus op ons blad en ook interaksie met ons lede. Inwoners van Kimberley moet saam staan en mekaar ondersteun. Ook moet ons weet wat in ons dorp aangaan, want as jy nie weet nie, dan kan jy niks daaraan doen nie. Ons sien uit om meer te lees van FiND iT."

Syfers

Grobbelaar voel baie sterk oor die korrekte deurgee van syfers en sê FiND iT het verlede maand 65 000 lesers gehad. "Ons bladlese per maand is meer as 500 000, met ongeveer 10-20 artikels elke dag. Ons is baie trots op hierdie syfers en wil graag die effek wat digitaal op veral adverteerders het, aan mense demonstreer."

Besoek FiND iT by 157 Du Toitspanweg of kontak een van die FiND iT-span hier:

Jana Grobbelaar - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Alta van Wyk - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Louis Boshoff - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Michael Hawthorne - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Charné van der Merwe - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Marcelle Willers - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Kristin-Leigh Meyer - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Read 638 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account