Find It in Kimberley - Leerlinge stap 20km skool toe en terug
Thursday, 11 October 2018 15:21

Leerlinge stap 20km skool toe en terug Featured

DA Logo DA Logo

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap doen ’n beroep op die LUR van onderwys, Martha Bartlett, om dringend in te gryp in die ontwrigting van leerlingvervoer in die Ganspan-gebied, aangesien die vierde kwartaal aan die gang is.

Volgens Andrew Louw, premierskandidaat vir die provinsie, is daar sedert die begin van die skooltermyn minstens 65 laerskoolleerders van Mataleng sonder vervoer wat veronderstel is om tien kilometer na die skool in Jan Kempdorp vervoer te word en nog tien kilometer terug elke dag. Maandag het die jong leerders die 20 kilometer geloop.

Oor die afgelope twee dae het ’n paar van die kinders die lang pad skool toe geloop langs verlate velde, terwyl die ander tuis bly. “Dit is onaanvaarbaar” sê Louw. “Hierdie kinders mis nie net ’n belangrike deel van hul opvoeding nie, maar word ook blootgestel aan kriminele elemente en uiterste temperature.”

Louw meen die departement, wat bedoel is om die voog van hierdie kinders gedurende skoolure te wees, moet verantwoordelik wees vir die gebrek aan toegang tot onderwys vir hierdie kinders, asook vir hul welsyn en veiligheid. Die DA sal aan Bartlett skryf en appelleer om in te gryp voordat hierdie kinders te ver agter raak met hulle skoolsillabus en voordat hulle enige skade opdoen. "Elke kind verdien ’n goeie opvoeding, maar as hulle nie eens by die skool kan kom nie, is daar min hoop op ’n beter môre."

“Slegs verandering onder ’n DA-geleide regering sal doeltreffende en effektiewe bestuur van leerdervervoer verseker sodat alle kinders, ongeag hulle omstandighede, veilige toegang tot onderwys het.” – Louis Boshoff

Read 49 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account