Find It in Kimberley - Psigiatriese pasiënte moet in tronk bly
Wednesday, 10 October 2018 17:27

Psigiatriese pasiënte moet in tronk bly Featured

Kimberley geestesgesondheids-hospitaal Kimberley geestesgesondheids-hospitaal Louis Boshoff

Psigiatriese pasiënte moes tot onlangs in die tronk lê omdat daar nie genoeg beddens in die staat is nie. 

Só sê Makashule Gana, van die DA se span vir basiese dienste. 

Die Kimberley hospitaal vir geestesgesondheid is 'n monument van korrupsie van die ANC, sê Gana. Meer as R2 miljard en 10 jaar nadat die bouery aan dié hospitaal begin het, staan dit steeds soos 'n wit olifant net buite Kimberley. Die gebou is reeds voltooi. Dis skoon, modern, dis groot. Maar dis leeg. Daar is nie een bed nie. Nie een personeellid. Dit word glad nie gebruik nie en is nie funksioneel nie. 

Gana, tesame met Andrew Louw, premierskandidaat van die DA in die provinsie, het die hospitaal Woensdag besoek. 

Die DA het 'n beroep op premier Sylvia Lucas gedoen om die datum aan te kondig wat die hospitaal open en ten volle operasioneel sal wees. 

“Die gebrek aan psigiatriese fasiliteite in die Noord-Kaap was so erg, tot onlangs was staatspasiënte in die tronk, omdat die provinsiale departement van gesondheid te min beddens in bestaande hospitale gehad het,” sê Gana.

Die DA het al in 2014 die provinsiale gesondheidsdepartement by die menseregtekommissie aangegee. 

"Ons wou hê die menseregtekommissie moet die toestande van staatspasiënte in gevangenisse ondersoek. Die menseregtekommissie het bevind geestesongestelde pasiënte word aan "vernederende lewensomstandighede" blootgestel. Die Kimberley hospitaal vir geestesgesondheid sal vir altyd onthou word as ’n monument vir korrupsie in die Noord-Kaap,” sê die DA. Die DA is besig om Een Suid Afrika vir Almal te bou, waar geestesgesondheidspasiënte toegang het tot menslike en waardige psigiatriese gesondheidsdienste. Die Kimberley Hospitaal vir geestesgesondheid is steeds na 12 jaar nie funksioneel nie. Die projek is herhaaldelik vertraag, weens ’n regsgeding tussen die provinsiale departement van openbare werke en sy eerste kontrakteur, Vista Park Developers. Die departement het Vista Park Developers afgedank nadat hulle besef het dat hulle nie die grootte van die projek kan hanteer nie. Volgens die projekbestuurder van die hospitaal is die gebou klaar, hulle wag net vir die personeel. – Louis Boshoff

 

Die DA voor die Kimberley hospitaal vir geestesgesondheid.

Read 1717 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account