Find It in Kimberley - Verhoed Margaret-selfies op WhatsApp só
Wednesday, 10 October 2018 16:25

Verhoed Margaret-selfies op WhatsApp só Featured

Boodskap word uitgewis op WhatsApp Boodskap word uitgewis op WhatsApp Michael Hawthorne

Sedert Margaret van Wyk se WhatsApp-oepsie in 2016 het WhatsApp ’n nuwe funksie ingebring wat dit moontlik maak om boodskappe wat na ’n verkeerde persoon of groep gestuur word, uit te wis.

In 2016 het Margret, van Schweizer-Reneke in die Noord-Wes, per ongeluk ’n private foto op ’n WhatsApp-hokkiegroep gedeel wat vir haar man bestem was.

WhatsApp het op 30 Oktober 2017 die verandering aangebring wat die uitwis van boodskappe wat alreeds gestuur is moontlik maak.

Voorwaardes vir uitwis

Hier volg die voorwaardes wat jou kan help om nie die volgende Magaret te word nie:

  • Die versender het net 60 minute om die boodskap uit te wis
  • Die versender en ontvanger moet albei die nuutste weergawe van die toepassing gelaai hê
  • Die versender sal nie in kennis gestel word as die uitwissing suksesvol plaasgevind het nie

Dink maar mooi voor jy die "send"-knoppie druk!

Read 820 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account