Find It in Kimberley - Rioolwater-probleem by skool
Wednesday, 10 October 2018 16:02

Rioolwater-probleem by skool Featured

Rioolwater op die terrein van Barkly Wes Primêre skool Rioolwater op die terrein van Barkly Wes Primêre skool Foto verskaf

Die Barkly-Wes primêre skool is vandag toegemaak omdat riool steeds op dié skool se speelgrond uitloop. 

Volgens Dorothy Mbizeni, burgemeester van Dikgatlong-munisipaliteit, is die pomp alreeds reggemaak, maar riool loop nou al maande tot op die speelgrond van die skool.

Joana Vermeulen, van CM de Bruyn & Vennote sê: "Die departement van onderwys het vandag Barkly Wes primêre skool se deure gesluit tot die pomp by die skool reggemaak is. Die datum waarop die skool sal heropen, is onbekend. Die pomp is al lank stukkend en die rioolwater spoel by die skoolterrein in en as mens die toilet spoel, loop die water oor.” Gemeenskapslede is bekommerd oor die gesondheidsrisiko wat daarmee gepaard gaan vir beide die leerders en die personeel. Met FiND iT se besoek aan die skool was die hekke gesluit. - Louis Boshoff

Foto: Verskaf - Rioolwater op die skool se terrein

Read 504 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account