Find It in Kimberley - Kimberley-watertoevoer afgesny
Wednesday, 10 October 2018 16:01

Kimberley-watertoevoer afgesny Featured

Kimberley-watertoevoer afgesny Photo credit: tamil.fastnews.lk

Sello Matsi, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley, sê aan FiND iT dat die watertoevoer vir die volgende paar aande afgeskakel sal word.

"Water sal in die aande van 20:00 af wees, tot die volgende oggend 04:00," sê Matsi. Dit word gedoen om die watervlak by die Newton-reservoir te verhoog. Die afsluiting van die water sal voortduur totdat die watervlakke weer reg is.

Matsi verseker inwoners dat hulle nie die watertoevoer sal afsit gedurende die dag nie om sodoende enige ongerief te vermy. Volgens Matsi sal die hele Kimberley se water afgesit word.

Read 1166 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account