Find It in Kimberley - Botox vir jou hare?
Thursday, 04 October 2018 11:41

Botox vir jou hare? Featured

Wat is Botox vir hare?

Botox is ‘n behandeling vir hare wat beskadig of droog is. Die resultate is dadelik sigbaar en laat hare sprankelend en vol lewe. Dis is ook ideaal vir hare wat gewoonlik maklik “frizz” en maak dit makliker om hare uit te borsel.


Dit word ook as ‘n alternatief vir mikrokeratien en Brasiliaanse uitblaasbehandelings aangebied gebruik. Terwyl Botox jou nie die syerige reguit hare van 'n Brasiliaanse Blow-out gee nie, beloof dit om hare te herstel. Verder, vir mense met fyner hare, is 'n Brasiliaanse of keratienbehandeling dikwels te swaar, wat lei tot 'n geweegde, stewige voorkoms, dus is Botox is 'n goeie alternatief. 'n Groot pluspunt is dat Botox 'n baie korter behandeltyd het - ongeveer 20 tot 30 minute.

 

Hairworx wys hoe word dit gedoen

Daar is twee tipe behandelings, een vir donker hare en een vir ligte hare. Net nog ‘n bewys van hoeveel navorsing in gegaan het met die ontwikkeling van hierdie produk.

Hairworx gebruik dus twee dames vir die illustrasies vandag.

Tania Visser is die blondine en Megan Kidson is die brunet.

Hoe werk dit?

Eers word hare gewas met die “Inoar Help Detox Shampoo”, 'n skoonmaakmiddel wat enige produkte en vuilgeid van die hare en kopvel verwyder. Daarna is die G.Hair B-Tox-behandeling in afdelings toegepas. Dit het 'n dik, romerige konsekwentheid en word op die hare geborsel op dieselfde manier as wat hulle 'n kleurtoepassing sou doen. Van daar af word mens se kop in plastiek toegedraai en die behandeling is vir 30 minute gelos voordat dit uitgespoel is. En dit was dit. Nie nodig om dit te verseël met hitte, geen dampe, niks.

 

 Die resultate

Die twee dames se hare lyk ongelooflik. Dit was baie sagter en gladder met 'n blink, syagtige voorkoms. Waar hulle hare vroeër droog en soos gras gevoel het, het dit nou geblink. Nog 'n voordeel was dat dit gehelp het om te toon en kleur op te lig. Dit is 'n baie wonderlike newe-effek vir blondines wat 'n behandeling nodig het om daardie bruin en geel kleure teen te werk.

Die Hairworx span:

Marguerite Smit, Mandie Moolman, Petronella Saula, Bianca Daffue, Elly Kleynhans, Ginin Anthony, Nada Cronje, Michelle Hassen, Viniola Melkay, Joslyn Moitse, Alice Waldeck, Mary-Anne Mohapi

Wat jy moet weet

  • Pryse word bepaal deur die lengte van jou hare (vanaf R200)
  • Die behandeling kan van 4 tot 6 weke hou
  • Dit beskadig nie die kleur van jou hare nie
  • Dit kan aangewend nadat jou hare gekleur is.
  • Dit bevat Wheat Germ oil, Fatty Acids, Argon oil, Shea Butter, Hydrolyzed Keratin, Grape extract, Glycoxylix acid.
  • Dit is ryk aan vitamiene A, C, en E. Wat jou hare beskerm teen verskeie faktore.
  • Dit is ryk aan ani-oksidante

 

Vir meer inligting of om jou behandeling te bespreek, kontak Hairworx vandag nog.

 

Hairworx - 28 Carters Rd, Rhodesdene, Kimberley, 8301

082 647 9345

 

Hairworx - Diamond Pavilion Mall,

079 096 5332

 

 

Read 569 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account