Find It in Kimberley - Stem vir plaaslike entrepreneur
Monday, 10 September 2018 10:02

Stem vir plaaslike entrepreneur Featured

Jandre du Plessis Jandre du Plessis

Jandré du Plessis (16), ’n gr.10–leerling aan die Hoërskool Diamantveld (DHS), het in 2015 ’n belangstelling in historiese memorabilia ontwikkel.

Hy het dit sedertdien begin versamel. Jandré se ouers kon dit nie bekostig om sy stokperdjie te ondersteun nie, waarop hy sy eie besigheid, genaamd G5 Militaria, begin het.

“Ek het my eerste fondse gekry deur ’n varkie by ’n kerkbasaar te vang. Ons het die vark grootgemaak en vir R500.00 verkoop,” sê Jandré. Sedertdien het hy al ongeveer 3 000 militêre items versamel. Hierdie items sluit belde, kentekens, uniforms, hoofbedekkings, range en medaljes in. Jandré doen besigheid met versamelaars in 12 verskillende lande.

“Al die profyt wat ek uit my besigheid maak, wend ek aan om my eie militêre versameling uit te brei. My doel is om Suid-Afrika se militêre erfenis te bewaar. Baie Suid-Afrikaners het hulle lewens in oorloë opgeoffer. Dit is my klein blykie van waardering om hulle te bedank vir die groot opoffering wat hulle gemaak het,” vertel Jandré met trots.”

Jandré se eie versameling bestaan tans uit 1 750 stukke. Gaan kyk gerus na sy Facebook-blad, The JH du Plessis Militaria Collection.

Jandré het ingeskryf vir die The R100K Scooler ClashStudente in gr. 8 tot gr. 12 kan hulle bestaande geld-onderneming, stokperdjie of besigheid inskryf en 'n kans kry om R100 000 te wen. Vier naaswenners sal elk R10 000 vir hulle besighede ontvang.

Stem asseblief vir Jandré deur hierdie skakel te volg, vote for jandre1Kompetisie sluit 2 November 2018.

 

Read 1782 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account