Find It in Kimberley - Man na bewering in Kimberley gekaap
Tuesday, 04 September 2018 12:11

Man na bewering in Kimberley gekaap Featured

'n Man (25) van Kimberley is na bewering die naweek gekaap en sy motor is steeds weg.

Altha Rudmann, die man se ma, vertel aan FiND iT haar seun is Vrydagoggend net na 02:00, by die Caltex-garage in Barklyweg gekaap. 

"My seun het Vrydagaand saam met vriende uitgegaan. Hulle was by 'n kuierplek in die stad. Vyf mense het buite die kuierplek gestaan toe hy uitkom en hom 'n saamrygeleentheid gevra. Hy het toe by die Caltex-garage in Barklyweg gestop om geld te trek."

Rudmann sê die een man het glo saam met haar seun uitgeklim en hom besig gehou, terwyl die ander vier mense met sy motor weggery het. "Sy selfoon was in die motor, so hy kon niemand bel nie. Na 'n ruk het 'n man van Wanya Tsotsi hom opgelaai en huis toe gebring."

Enigiemand wat inligting oor die voorval het, kan 071 363 6581bel. 

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek die saak. - Charné van der Merwe

Read 1252 times

Comments  

#1 Elri de Meillon 2018-09-06 08:26
Die voertuig het 'n lang krap aan die linkerkant wat onmiskenbaar is.
Quote

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account