Find It in Kimberley - Vasvat Pro Venison vir al jou wildsvleis
Friday, 31 August 2018 14:55

Vasvat Pro Venison vir al jou wildsvleis Featured

Vasvat Pro Venison is 30 Augustus een jaar oud. Hulle nooi almal om te kom deel in hierdie vieringe.

Vanaf Donderdag tot Saterdag gaan daar gelukkige trekkings en pop the balloon by die slaghuis wees. Vasvat Pro Venison verkoop slegs wildsvleis in hulle slaghuis. Hulle is ook halaal geregistreer. FiND iT gesels met Wouter Kistein, die eienaar van Vasvat Pro Venison:

Vertel ons die proses van dat die bok geskiet is tot waar die vleis in die yskas beland?

Die bokke word almal so vinnig as moontlik gedood. Gewoonlik in die kop geskiet, waarna hy dan ordentlik gebloei word. Sy organe word vinnig uit gehaal dat dit nie 'n snaakse smaak aan die vleis gee nie. Die bokke word nie gejaag nie en die hele proses gebeur skoon waarna die organe na gekyk word om seker te maak die bok het nie enige siektes gehad nie. Daarna word die bok vel en al gehang in 'n koeltrok. In die koeltrok moet dit in 24 uur afkoel na 'n diep-been temperatuur van 7 °C. Van die koeltrok gaan dit na 'n abattoir waar dit sekondêre inspeksie kry.

Hoe is wildsvleis anders as gewone bees en skaap?

Wildsvleis is baie gesonder as beesvleis. Deesdae se beeste en skape word in voerkrale groot gemaak waar hulle hormoonvoeders kry. By wild is daar geen hormoongroei middels nie, wild het ook baie min vet.

Watse wild proe die naaste aan beesbiltong?

Dit verskil alles van smaak, 'n Gemsbok en Eland is vir my die naaste, 'n baie unieke smaak is 'n Springbok uit die Karoo.

Hoe maak mens die wildsmaak minder?

Melk of room werk goed om dit in te laat lê. - Louis Boshoff

Read 421 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account