Find It in Kimberley - Boere verantwoordelik vir skuld op onteiende plase
Friday, 31 August 2018 14:12

Boere verantwoordelik vir skuld op onteiende plase Featured

E-pos van Nedbank E-pos van Nedbank Uncut SA Facebookblad

Skuld verbonde aan onteiende plase is nog die verantwoordelikheid van boere wat die kontrak met die bank geteken het en die betalings op die verband moet sonder versuim nagekom word totdat dit afbetaal is. Dit is die kern van die e-pos van Olivia Mike, ’n konsultant van Nedbank, wat op Facebook opslae gemaak het.

FiND iT het Nedbank gekontak om agter die kap van die byl te kom.

Kedibone Molopyane, woordvoerder vir Nedbank, sê interpretasies op sosiale media stem nie ooreen met Nedbank se posisie oor onteiening nie.

"Nedbank beskik nie tans oor die nodige informasie om te sê of die hersieningskommissie voorsiening gaan maak vir grondkopers wat van hul land onteien word nie. Kopers bly kontraktueel verbonde om betalings na te kom tot op die datum wat die kontrak beëindig word, ongeag of die eiendom sonder vergoeding onteien word,” lees die epos wat wyd versprei word. 

Molopyane sê Nedbank moedig mense aan om te wag vir die finale uitslae oor onteiening voor hulle besluite op gevolgtrekkings maak.

“Tot dan verloop besigheid soos normaal en word die koper verantwoordelik gehou vir betalings op sy verband,” sê Molopyane.

Read 657 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account