Find It in Kimberley - Man oor valse bewerings in hegtenis geneem
Thursday, 23 August 2018 13:02

Man oor valse bewerings in hegtenis geneem Featured

'n Man (43) is vroeër die week in hegtenis geneem nadat hy 'n slagoffer uit R300 00 verkul het.

 

Daar word beweer dat die man, wat 'n tradisionele geneesheer is, die slagoffer aangesê het om sy werk te bedank. Hy het ook glo gesê dat hy sy pensioengeld sal vermeerder en hom gesond sal maak van 'n spesifieke kwaal.

 

Volgens die slagoffer het die beskuldigde nie die ooreenkoms nagekom nie. Op Woensdag, 22 Augustus 2018, is die beskuldigde in hegtenis geneem by die eenheid vir sigbare polisiëring in Kimberley vir diefstal onder valse bewering en moet binnekort in die Kimberley-magistraatshof verskyn.

 

Die polisie wil die publiek bewus maak van hierdie tipe slenters of soortgelyke aktiwiteite en dat dit onmiddellik aangemeld moet word by die polisie. Die noodnommer is 0860 10 111 of stuur 'n SMS na 32211.

Read 262 times

Add comment


Security code
Refresh

 

booked.net

Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account